About AfriForum
Met AfriForum se splinternuwe, gratis toep is jou gunstelingburgerregte-organisasie wat praat én doen bloot ’n armlengte van jou af – wanneer en waar jy ook al is en selfs al skei die oseane jou van jou vaderland.
En ja, jy het reg gelees: dié toep is heeltemal gratis (buiten natuurlik jou datakostes)!
Sodra jy jou inligting ingevul het (onder andere jou AfriForum 911-bandjienommer) kan jy gerus kom loer wat die toep jou alles bied. Registrasie is maklik en vinnig, en jy kies boonop jou eie wagwoord (makliker om te onthou, sien). En as jy eers ingeteken het, gaan die AfriForum-wêreld voor jou oop – gebruikersvriendelik en boonop interaktief.
Ons afdeling vir mediaverklarings hou jou op hoogte van wat ons alles doen: van selfdoen-aksies en munisipaliteite op hul tone hou, tot besprekinge met en memorandums aan universiteite om Afrikaans sovêr moontlik te beskerm. En dis maar net ’n druppel in die emmer van wat ons alles aanvang.
Ons nuusafdeling Forum Nuus hou jou op hoogte van nuus wat met jou, AfriForum en die Afrikanervolk verband hou, onder andere artikels wat in ons Forum-tydskrif verskyn (en hier dus vinniger beskikbaar is!). Ander afdelings nooi jou uit om stories van ander AfriForum-lede uit die perd se bek te lees, terwyl ons gebeureblad jou op hoogte hou van gebeure in en om die AfriForum-wêreld. En as jy nie ’n kranige leser is nie en eerder van kort video’s hou, is ons video-afdeling nét die plek vir jou.
Is jy ’n skrywer? Maak los jou duime en laat jou kreatiewe kant na vore kom: hier is selfs ’n plekkie waar jy jou eie stories kan vertel en kiekies kan oplaai. Vertel ander wat jou AfriForum-tak alles beplan en waarmee julle julself besighou. Stories is mos soos kooltjies: hoe meer kooltjies, hoe meer vuur – dalk inspireer jou storie ’n ander tak, of lei selfs tot die stigting van méér AfriForum-takke.
Toe nou, man: laai die toep af. Dis maklik, dis vinnig, en altyd beskikbaar. Niks meer as ’n armlengte vêr nie.
(To our English users: although the app is only available in Afrikaans – for now – you are still welcome to write your comments and stories in English.) AfriForum's new free App is your favorite civil rights organization that speaks well do a mere arm's length away from you - when and wherever you are and even separate the oceans you from your homeland.
And yes, you read right: this App is completely free (except of course your data charges)!
Once you have completed your information (including your AfriForum 911 bandjienommer) feel free to come and visit the App gives you everything. Registration is quick and easy, and you also choose your own password (easier to remember, see). And once you've logged in, go AfriForum world before you - user-friendly and also interactive.
Our department for media releases keep you informed of what we're doing everything: from DIY activities and municipalities keep on their toes, to discussions with and memoranda of African universities as far as possible to protect. And that's just a drop in the bucket of what we all start.
Our news section Forum News keeps you informed of news with you, AfriForum and the Afrikaner people relate, among other articles in our Forum magazine (and therefore faster available!). Other sections invite you to read stories of other AfriForum members from the horse's mouth, while our events page you informed like events in and around the AfriForum world. And if you're not a keen reader and rather like short videos, our video section just the place for you.
Are you a writer? Loosen your thumbs and let your creative side come to the fore: there are even a place where you can tell your own stories and snapshots can upload. Tell others what you plan AfriForum branch and all that you entertain yourself. Stories are like wine coals: the more coals, the more fire - may inspire your story a different branch, or even lead to the establishment of more branches AfriForum.
And now, man, download the App off. It's easy, it's fast, and always available. Nothing more than an arm's not far.
(To our English users: hoewel de the app is only available in Afrikaans - for now - you are still welcome to write your comments and stories in English.)
by O####:
5 ster