K7 Bybel Kanaal

K7 Bybel Kanaal Free App

Rated 5.00/5 (7) —  Free Android application by NetDynamix Broadcast Services

Advertisements

About K7 Bybel Kanaal

Kanaal 7 streef daarna om ‘n hoë gehalte uitsending deur professionele goed ingeligte en toegewyde omroepers aan te bied.

Medianetwerk vir Christus is insake die Maatskappyewet geregistreer as ‘n Artikel 21- maatskappy sonder winsbejag (Registrasienommer: 21/82/034).

Kanaal 7 was die eerste privaat radiostasie in Namibië en het op 6 Desember 1993 begin uitsaai.

Daar bestaan geen onafhanklike luisteraarsnavorsing in Namibië nie.

Kanaal 7 saai op 33 senders landswyd uit en bereik meer as 43 dorpe en gemeenskappe.

Kanaal 7 saai in Afrikaans, Engels, Duits en Oshiwambo uit.

Daagliks tussen 05:30 en 06:00 is daar ’n Duitse program en saans tussen 18:00 en 22:00 word daar op die een Windhoek sender, Walvisbaai, Lüderitz, Oshakati en Ondangwa ’n parallelle Oshiwambo diens aangebied uit ’n spesiaal ingerigte ateljee.

Die Kanaal 7 luisteraars is hoofsaaklik 25 jaar en ouer.

Kanaal 7 se luisteraars is die mees lojale luisteraars as veral in ag geneem word dat senders deur die gemeenskappe self opgerig word. Die gemeenskap is verantwoordelik vir die insameling van die fondse wat die totale kapitale koste van ’n sender dek. Kanaal 7 is verantwoordelik vir die instandhouding en kragtoevoer na die sender.

Luisteraars val hoofsaaklik in die LSM 6 tot 10 groep.

(LSM Living Standards Measurement: LSM 1 baie laag -10 baie hoog)

Musiek bestaan uit 50% Christelike (Gospel) en 50% sekulêre musiek.

Kanaal 7 beskik oor ’n professionele nuuskantoor wat behalwe vir eie berigte, ook gebruik maak van Reuters, Sapa en andere deur Nampa sowel as Penorent‚ ’n nuusorganisasie in Suid Afrika.

Nuus bulletins word uurliks uitgesaai, met 10 lewendige oorskakelings vir verkeersnuus en inligting rondom ongelukke en noodgevalle.

’n Baie hoë premie word geplaas op die korrektheid, akkuraatheid en betroubaarheid van Kanaal 7 nuus bulletins.

Aanbiedings is so ver moontlik aktueel en relevant en moeite word gedoen om luisteraars se behoeftes te bepaal en aan te spreek.

Kanaal 7 is met verskeie gemeenskapsprojekte betrokke soos Loslitdag, Radiothon, Kusuitsendings en vele ander. Tiendes is gegee aan Quinton Steel-Botes Fonds, Crown Financial Ministries, Hope Village Trust en Shelter for Abused Women & their Children.

Kanaal 7 Medianetwerk vir Christus maak gebruik van 24/7 internet stroom en is beskikbaar via die Web, slimfone soos Iphone, Blackberry en Nokia, asook Windows Mobile en android bedryfstelsels. Kanaal 7 bedien luisteraars wêreldwyd daagliks van nuusflitse, lewendige ateljeegesprekke tot in-diepte onderhoude.

Spesiale uitsendings word deur middel van die internet en sosiale media op tieners wêreldwyd gerig. Kanaal 7 het ‘n ateljee wat vir hierdie spesifieke doel ingerig is. Skoliere van verskeie skole neem regstreeks deel aan hierdie uitsendings.

Kanaal 7 hou by sy onderneming om so ver moontlik die hele Namibië met die Kanaal 7 sein te bereik.

How to Download / Install

Download and install K7 Bybel Kanaal version 1.0 on your Android device!
Downloaded 100+ times, content rating: Everyone
Android package: com.app.kbybelkanaal, download K7 Bybel Kanaal.apk

All Application Badges

Free
downl.
Android
2.3+
For everyone
Android app

App History & Updates

More downloads  K7 Bybel Kanaal reached 100 - 500 downloads

What are users saying about K7 Bybel Kanaal

M70%
by M####:

Ek hou hiervan baie dankie vir al die harde werk Wat hier in gesit word....

M70%
by M####:

Great to listen to

X70%
by X####:

Ek hou hiervan baie dankie vir al die harde werk Wat hier in gesit word....


Share The Word!


Rating Distribution

RATING
5.05
7 users

5

4

3

2

1